15 – 22 AUGUSTUS 2022
8 DAE | 7 NAGTE
Weskus Blomme
23 – 28 AUGUSTUS 2022
6 DAE | 5 NAGTE
Augustusmaand verander hierdie streek in ‘n blommeparadys. Oppad daarheen ervaar ons die skouspel van die Augrabieswaterval en Pella se kerkie. In ‘n goeie jaar kan ons reeds vanaf Pofadder die wonder van Namakwaland se blomme begin ervaar. Springbok, Goegab Natuurreservaat, Skilpad en die Knersvlakte se blommeskouspel ontvou soos ons suidwaarts reis. Die Vanrhynspas en Nieuwoudtville se bolplante vul ons met verwondering. Clanwilliam en die Sederberge se formasies is volgende op ons program. Van hier af draai ons weg na die weskusdorpies, elk met sy eie unieke blommeprag. Elandbaai, Dwarskersbos, St. Helenabaai, Paternoster en Tietiesbaai. Ons oornag by Club Mykonos en besoek van hier af Jacobsbaai, Saldanha, Weskus Nasionale Park en smul aan tradisionele geregte by Boesmanland Plaaskombuis. Darling, Tulbach en Matjiesfontein sorg vir laaste opwinding voor ons huiswaarts keer.


