3 – 11 MEI 2022
9 DAE | 8 NAGTE
‘n Toer wat woude, bosse, berge, mere en strande insluit. Ons verruil die hoofpaaie vir agterpaaie en besoek “die Hel” en Knysnabos. Sedgefield mark, ‘n bootvaart op die Knysnameer en ‘n rit op die Powervan is van die ander hoogtepunte om nie te mis nie! Die bekoring van Nieu Bethesda sluit die toer af op ‘n hoogtepunt.

‘n Asemskep toer wat plekke insluit soos Rhodes, Tiffindell Ski-oord, Naudesnekpas en Underberg in Natal. Ons durf die Sanipas na Lesotho aan met 4×4 voertuie. Ander hoogtepunte is ‘n besoek aan Champagne Castle, ‘n vertoning van die Drakensberg Seunskoor en die pragtige Midlands Meander oppad terug na Bloemfontein. (NB. Paspoorte word benodig)